Nama-Khoi Municipality / Munisipaliteit

Einde bykans in sig vir waterkrisis

February 10, 2023

Die Burgermeester, Dr Gustav Bock het op Dinsdag 31 Januarie tydens ’n radio-onderhoud genoem dat die historiese watergebrekke op verskeie dorpe binnekort iets van die verlede sal wees.

Dit kom nadat Dr Bock op die gewilde Hamba Khaya program ’n gasspreker was om oor water en elektrisiteit te praat.

Lede van die Concordia-gemeenskap sowel as ’n aktivisme groep het deurlopend hul misnoeë uitgespreek oor die gebrek aan lopende water na dié dorp.

Die Burgemeester het laat hoor dat gebrekkige infrastruktuur, onvoldoende onderhoud, herstelwerke en beurtkrag faktore is wat die munisipaliteit in ’n noodgedwonge waterkrisis laat beland waardeur Concordia die ergste geraak word.

“Hierdie inwoners het sake in hul eie hande geneem om ’n petisielys aan die minister van water en sanitasie te stuur om die noodtoestand aan te spreek.”

’n Waterlyn van ongeveer ’n kilometer lank moet ook dringend vervang word.

Verder het Dr Bock genoem dat kapitaal befonds was vir ’n waternetwerk wat deur die Nama Khoi munisipaliteit beheer sal word.

“Hierdie nuwe waternetwerk sal aan die behoefte om skoon en lopende water te hê, voorsien.”

Die afskop van hierdie projek sal nog bekendgemaak word.

Die waternetwerk is slegs een van die projekte wat deur die Munisipaliteit uitgerol word.

Die ander sluit in die noodwerke wat reeds aan paaie gedoen is om erge slaggate te herstel.

Alhoewel die munisipaliteit ook sy vyf-jaar geintegreerde ontwikkelingsplan reeds in 2022 bekendgemaak het, word dit jaarliks aangepas soos wat deur behoefte-bepalings geprioritiseer word.

“Die idee is ook om terselfdertyd projekte te loods wat werkloosheid in die kort- en langtermyn kan aanspreek. Die kritieke areas van opgradering, ontwikkeling en instandhouding sluit in munisipale infrastrukture, rioolnetwerk en water-en sanitasie,” het Dr Bock gesê.

Last modified: February 10, 2023

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *