Nama-Khoi Municipality / Munisipaliteit

Eerste leweringstoetse vir boorgate

February 10, 2023

Noodtoestande binne die regsgebied van die Nama Khoi Munisipaliteit het daartoe gelei dat die kantoor van die Burgemeester in buitengewone pogings na oplossings moes gaan soek, om veral die historiese waterkrisis probeer oplos.

Met behulp van die privaatsektor, kon bestaande boorgate in die lewe herroep word om die bestaande tekort aan watervoorsiening aan te spreek.

Dit is met trots dat die Burgemeester aankondig dat die eerste boorgat-lewering reeds op 03 Februarie op Matjieskloof begin het.

Sowat ses boorgate is op Matjieskloof geïdentifiseer waarvan ongeveer vier as produksie-boorgate aangewend gaan word.

Twee produksie-boorgate is ook op Concordia geïdentifiseer.

“Ons is verheug om binnekort stabiele watervloei op Concordia te hê waar inwoners ook al vir etlike jare noodgedwonge met watertekort moes saamleef,” het Dr Gustav Bock gesê.

Dr Bock het die privaatsektor wat die projek befonds, bedank vir hul onskatbare bydraes.

Last modified: February 10, 2023

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *