Nama-Khoi Municipality / Munisipaliteit

Nuwe munisipale bestuurder deel sy visie

October 12, 2022

Die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit wil graag die nuwe munisipale bestuurder, mnr. Jan Swartz verwelkom wat op Maandag, 03 Oktober aan diens gekom het.

Mnr. Swartz se kennis van plaaslike regering is van gediversifiseerde omvang en het ook in sy voormalige posisie as munisipale bestuurder van die Hantam Munisipaliteit ’n skoon oudit vermag.

Mnr. Swartz het meer as 25-jaar diens in plaaslike regering as ’n senior bestuurder.

Mnr. Swartz het bewys dat hy doeltreffend is om verantwoording kan doen van ’n munisipaliteit se inkomste en uitgawes, bates en ander verpligtinge soos behoorlike nakoming van alle wetgewing wat op munisipaliteite van toepassing is.

Mnr. Swartz is van mening dat munisipaliteite verantwoordelik is vir dienste wat daarop gemik is om ons dorpe en landelike gebiede voorspoedig en gesonde plekke te maak om in te woon en te werk; en sien daarna uit om ’n verskil te maak in die lewens van die Nama Khoi gemeenskappe.

Hy poog om te fokus en voort te bou op die mensekapitaal wat die ekonomiese waarde van ’n werknemer en die Raad se ervaring en vaardighede insluit; bates soos onderwys, opleiding, intelligensie, vaardighede, gesondheid en ander dinge soos lojaliteit en stiptelikheidswaardes wat tot die organisasie bygedra word.

Mnr Swartz voel sterk dat die toepassing van hierdie eienskappe binne die munisipale administrasie kan lei tot goeie bestuur en ’n skoon oudit verseker.

“Leierskap is ’n deurslaggewende faktor wat oor die jare ontbreek het en dit is iets wat belangrik is omdat dit inspireer, motiveer en stel ’n voorbeeld vir mense om positiewe veranderinge in ’n organisasie te bewerkstellig.”

“Leiers vestig ’n visie, verskaf ’n plan van aksie en bou sterk verhoudings met hul gemeenskappe.”

“Ons moet bydra om gemeenskapskwessies op te los; Ons sal moet leer om buigsaam te wees in die tye waarin ons leef om die probleme van die armstes binne ons gemeenskappe en binne die Nama Khoi-jurisdiksie uitkoms-gebaseerd aan te spreek.”

Ekonomiese groei en maatskaplike opheffing is ’n belangrike faktor, en mnr Swartz voel dat die Nama Khoi Munisipaliteit ’n beter aansporing tussen rolspelers en die regering moet word om die ingesteldheid van mense om afhanklik te wees van aalmoese- en die begrip om slegs te ontvang, uit te skakel.

Klein en medium-grootte ondernemings-ontwikkeling (SMME) behoort dus met meer entoesiasme aangewakker te word, siende daar reeds ywer getoon word deur individue wat hul eie ondernemings in die sakesektor wil voorstel.

“Privaat,- sowel as staats-entiteite wat vir ekonomiese ontwikkeling verantwoordelik is, moet na die tafel kom met die ingesteldheid om te implementeer en nie net by tafelgesprekke stop nie.”

“Ekonomiese ontwikkeling is noodsaaklik vir jeugontwikkeling sowel as om ‘n sterk ekonomiese streek te hê. Dit sal voldoende kapasiteit verseker om dienste in enige sektor te lewer en die trots van Namakwa herstel.”

“Bowenal moet etiese leierskap gewillig en entoesiasties te aanvaar. Ons moet getrou bly aan ons beginsels om die entiteit en ons gemeenskappe vorentoe te neem. Ons moet begin leer uit die foute wat gemaak is en dit nooit weer toepas nie.”

Mnr Swartz bedank graag die Raad, Burgemeester en Speaker van die Nama Khoi Munisipaliteit vir hul leierskap, bydraes tot die instelling en ondersteuning wat hul bied aan die administrasie.

Last modified: October 12, 2022

One Response to " Nuwe munisipale bestuurder deel sy visie "

  1. Gareth Cloete says:

    Baie welkom terug en alle voorspoed vir u.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *