Nama-Khoi Local Municipality

Wêreldklas Springbok kliniek maak binnekort deure oop

November 10, 2022

’n Opwindende nuwe weergawe van die Sprinbok Kliniek sal binnekort sy deure oopmaak vir die publiek nadat verskeie rolspelers se entoesiastiese bydraes dit moontlik gemaak het.

Die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, in samewerking met die Namakwa Distriksmunisipaliteit, Die Departement van Gesondheid, Springbok Spar en twee borge uit die private sektor het hulpbronne gekombineer vir hierdie projek.

Vir ongeveer 30-jaar het die Springbok Kliniek mediese sorg aan plaaslike gemeenskappe verskaf vanuit die Namakwa Distriksmunisipaliteit se gebou, maar met die groeiende bevolking was die omgewing waar pasiënte behandel word, nie meer bevorderlik nie.

Die bou-kontrakteur het reeds vandeesweek skouer aan die wiel gesit met herstel- en opgraderingswerke by die nuwe gebou in Phillipstraat.

‘n Tegniese span van die Nama Khoi Munisipaliteit het ook vandeesweek na die riool, – water en eleketrisiteitsaanlegte gekyk vir aansluiting.

“Almal se bydraes het ten doel om wêreldklas dienste te lewer en om ons inwoners die waardigheid en genesing te gee wat hulle verdien,” sê Steffani van Wyk van Springbok Spar.

Die Speaker, Raadslid Rodney Kritzinger sê die nuwe Springbok Kliniek is ’n bewys van samewerking tussen plaaslike regering en die private sektor. “Die waarde wat hierdie kliniek sal toevoeg is onskatlik. Dit is die tipe diens wat ons gemeenskappe verdien.”

Die Burgemeester, Dr. Bock sê primêre sorg in Suid Afrika is selde toegerus om die grondslag van die gesondheidsorgstelsel te wees en word dikwels omseil deur pasiënte wat hospitaaldienste soek. “Die huidige infrastruktuur regoor die land wat pasiënte moet dien, is nie meer voldoende nie. Die manier waarop primêre gesondheidsorg gefinansier word is ook oneffektief.”

Dr. Bock het verder genoem dat baie druk vanaf die plaaslike hospitaal sal afneem sodra die Springbok Kliniek se deure oopgaan. “Ons wil alle rolspelers bedank vir hul bydraes.”

Last modified: November 10, 2022

One Response to " Wêreldklas Springbok kliniek maak binnekort deure oop "

  1. Piet says:

    Baie geluk met pragtiging posing…

Leave a Reply to Piet Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *