Nama-Khoi Municipality / Munisipaliteit

Herlewing van die Springbok kliniek binnekort ‘n realiteit

July 1, 2022

Die Springbok Kliniek gaan eersdaags heropen, met behulp van die Nama Khoi munisipaliteit, privaatsektor, Springbok Superspar en die Namakwa distriksmunisipaliteit.

Die Burgemeester dr. Gustav Bock en Speaker Rodney Kritzinger van die Nama Khoi munisipaliteit het onverpoosd daaraan gewerk om hierdie kliniek ’n realiteit te maak.

Die projek vorm ook deel van Springbok Superspar se 40-weke liefdadigheidsprojek.

“Primêre gesondheidsorg is ’n basiese diens waarop inwoners geregtig is. Met die regte persone en instansies wat inkoop in hierdie projek, sal die Springbok Kliniek binnekort die daglig sien,” het dr. Bock gesê.

Die Speaker, Rodney Kritzinger verwelkom die verligting wat dit die plaaslike hospitaal gaan bied.

“Die Springbok Kliniek sal beslis die werklas van die hospitaal verminder sodat pasiënte wat ernstige mediese sorg benodig, mediese hulp daar kan ontvang,” het Raadslid Kritzinger gesê.

Intussen het belanghebbendes bymekaar gekom om die pad vorentoe te bespreek.

 

Last modified: July 1, 2022

One Response to " Herlewing van die Springbok kliniek binnekort ‘n realiteit "

  1. Bernard Sass says:

    Dis baie goeie nuus vir my en ek glo, vir die entire Springbok gemeenskap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *