Die Burgemeester van die Nama Khoi munisipaliteit, dr. Gustav Bock het vandag ’n besoek aan Hoërskool Nababeep afgelê om die skool geluk te wens met sy top presteerder van die klas van 2021, Shanique Cloete.
In sy toespraak het dr. Bock Shanique as ’n inspirasie beskou en dat haar prestasies nie ongemerk sal wees nie.
“Dit is vir my ’n besonderse voorreg om hier te kan staan en spog met een van hierdie skool se eie leerders en ook ’n boorling van Nababeep,” het die Burgemeester gesê.
Shanique wil in ’n mediese rigting studeer en dr. Bock het daarop gesê dat sy ’n ‘groot aanwins’ vir die mediese bedryf sal wees.
“Daarom is dit belangrik dat ons leerders die ondersteuning moet kry om dit vir hulle moontlik te maak om by tersiêre instellings aan te sluit.”
“Ook ’n spesiale dank aan Hoërskool Nababeep se personeel vir hul toegewydheid tot onderrig. Baie dankie vir alles wat julle insit om die leerders die ondersteuning te bied wat hulle vorentoe sal help. Sommige eienskappe van ’n goeie onderwyser sluit in vaardighede in kommunikasie, luister-vermoë, samewerking, aanpasbaarheid, empatie en ook geduld. Ander kenmerke van effektiewe onderrig sluit in ’n innemende klaskamerteenwoordigheid, waarde in werklike leer, uitruil van beste praktyke en ’n lewenslange liefde vir leer,” het dr. Bock afgesluit.
- Dr. Gustav Bock tydens sy toespraak by Hoërskool Nababeep.
- Dr. Gustav Bock saam met die top presteerder vir die klas van 2021 in die Namakwa distrik, Shanique Cloete.
Last modified: May 3, 2022