Die Burgemeester, Dr. Gustav Bock het onthul dat sekere finansiële uitdagings in die Nama Khoi munisipaliteit kan toegeskryf word aan wanbetaling van dienste-rekeninge.
Dr. Bock het gesê dat uitstaande munisipale diensterekeninge een van die grootste oorsake kan wees vir die munisipaliteit se huidige terkortkominge.
“Daarom wil ek ’n beroep doen op inwoners om hul diensterekeninge te betaal om die munisipaliteit in staat te stel om strukture en verouderde infrastrukture kan vervang vir doeltreffende en meer effektiewe dienslewering aan die gemeenskappe,” het Dr. Bock gesê.
Hy het verder gesê dat die huidige ekonomiese klimaat waarin gemeenskappe vasgevang is, is nié ’n platform waar enige persoon op wil wees nie, maar dat pogings om die munisipaliteit se finansies in orde te kry, behoort ’n top-prioriteit te wees.
Die Nama Khoi munisipaliteit subsideer bykans ses-duisend huishoudings met water, wat die munisipaliteit maandeliks R3.5 miljoen uit die sak jaag.
Vir die 2022 / 2023 boekjaar, het die munisipaliteit die jaar begin met ’n tekort van R47 miljoen.
Die verliese is weens wanbetaling van dienste-rekeninge van die inwoners en ander entiteite.
Munisipale tariewe stem nie ooreen met dienste wat gelewer word nie, – wat beteken, Nama Khoi munisipaliteit sal ’n heffing moet maak om op te maak vir die verlies.
Debiteure skuld die munisipaliteit R284 miljoen.
“Die rekeninge wat maandeliks aan inwoners, die sakesektor en staatsdepartemente gestuur word, word nie noodwending een honderd persent betaal nie.”
Weens hierdie redes, word daar slegs tussen 6- en 8 persent van dienste-rekeninge, agterstallige, sowel as lopende dienste, ingevorder.
Staatsdepartemente skuld die munisipaliteit R8.5 miljoen.
Plaaslike besighede skuld R98 miljoen; en
Huishoudings skuld R177 miljoen.
Namakwaland,
“Ons deure is oop, besoek ons kliëntediens by Nama Khoi Munisipaliteit en kom tref die nodige reëlings sodat die munisipaliteit jou ook kan help met die assistering van ’n betaalplan,” het Dr. Bock gesê.
Last modified: April 26, 2022