
Die 1ste Desember is ’n dag waar bewusmaking rondom MIV en Vigs wêreldwyd jaarliks erken word
om bewustheid oor te versprei, ondersteuning te toon vir mense wat met hierdie virus leef, en
diegene te herdenk wat weens die virus tot sterwe gekom het.
Die bewusmakingsinisiatief is in 1988 in die lewe geroep en was die eerste wêreldwye
gesondheidsdag ooit.
Wêreldwyd het ongeveer 38 miljoen mense MIV en sedert die opsporing van die virus in 1984, het
ongeveer 35 miljoen mense aan MIV of VIGS-verwante siektes gesterf.
Wêreld vigsdag help om bewustheid oor die siekte te versprei en mense te laat weet van hul regte
om hulself te beskerm teen die stigma en diskriminasie wat daardeur veroorsaak word.
Die tema vir Wêreld Vigsdag 2021 is: “EINDIG ONGELYKHEID. BEËINDIG VIGS. BEËINDIG DIE
PANDEMIË.”
Die Gesamentlike Verenigde Nasies-program oor MIV/VIGS waarsku dat vordering teen die VIGS-
pandemie, wat reeds van koers af was, is nou onder selfs groter druk, aangesien die COVID-19-
krisis voortduur, wat MIV-voorkoming- en behandelingsdienste, skoolopleiding, geweldvoorkomings
programme en meer ontwrig.
“Ons is ’n gemeenskap wat omgee vir mekaar. Ons moet onsself daagliks vergewis met die realiteite
van MIV en Vigs. Ons moet weer teruggaan om te kyk waar ons verkeerd gegaan het,” het die
Burgemeester, Dr. Bock gesê.
Dr. Bock het beklemtoon almal het ’n rol om te speel. Jong kinders word aan nuwe tendense
voorgestel wat ’n persoon se hele leefwyse kan verander. Met jou leefstyl en keuses is daar ook
verantwoordelikhede.
“Ons moet beter keuses begin maak sodat ons nie in ’n wêreld vasgevang word waar ons psige en
emosionele welstand belemmer word nie.”
Last modified: March 24, 2022