Mayor

 

As Eerste Burger van die Regsgebied van Nama Khoi Munisipaliteit is dit vir my ʼn taak en ʼn roeping om die amp van Burgemeester te beklee.

Vir die gemeenskap wil ek  baie dankie sê  vir u  ondersteuning want baie van u weet alreeds wat u in my het.  ʼn Leier lei nie van die kantlyn af nie en ek gaan dit vir u die moeite werd maak om my te volg. Die meeste mense het die geneigdheid om die Munisipaliteit aan te val , beledig en te kritiseer. Laat my dus toe om u ʼn paar lesse te leer : ʼn Munisipaliteit kom nie oor die bult of deur die poort nie: nee , u is die Munisipaliteit. Omdat ons in ʼn geordende sameleweing voort bestaan is die Raad slegs daar om u sake te bestuur.

INSTITUSIE

ʼn Munisipaliteit is ʼn wetlike instelling en daarom word dit deur Wetgewing gereguleer en van uit die Wette word Beleide geformuleer en geimplimenteer. Wanneer ʼn Raad hom hou by die riglyne en voorskrifte van die Wet kan dit nie anders as om uit te loop op Skoon Administrasie nie.

Ek kan egter nie nalaat om vir u te sê dat dinge gaan nie oornag gebeur nie. Gedurende die afgelope sewentien jaar  is daar onteenseglik baie foutegemaak en hierdie foute moet eers reg gestel word. Ek glo in waarheid en integriteit en teen hierdie agtergrond verseker ek u dat binne die eerste twee jaar gaan al die Senior Amptenary weet en verstaan wat binne die toepaslike  wette staan en hoe daarmee omgegaan behoort te word. Met sodanige kennis gaan die Wyks raadslede in staat wees om hul wyke na behore te lei en bestuur want binne die eerste jaar moet daar geen sprake van korrupsie wees nie. Binne die eerste drie jaar gaan ek toesien dat ons ʼn ongekwalifiseerde verslag van die Ouditeur Generaal ontvang.

STABILITEIT

U weet die Munisipaliteit staan op twee bene- die een been is die Raad en sy Bestuurspan.  Die ander been is die Gemeenskap  en op beide bene rus daar wetlike verpligtinge. Kom ons kyk hoe lyk die raad en die gemeenskap huidig. Gemiddeld 40% van alle verbruikers word gesubsideer en van die ander 60% is daar nog wanbetalers. As u,u verpligtinge nakom kan u meewerk  dat ons ʼn wenspan word.

Ons gaan nie baantjies vir boeties skep nie en ons gaan nie onbekame en onbevoegde amptenare ewigdurend met ons saamdra nie.Ons was vertel dat die samevoeging van die owerhede binne die regsgebied ʼn sterk Munisipaliteit gaan vestig , maar nou is almal slegter daaraan toe.

VEILIGHEID EN SEKURITEIT

O ja , mense het vryhede en regte ontvang , maar selfs dit moet gepaard gaan met verantwoordelikhede.  Ouers leer tog u kinders om te sê dankie en asseblief. Sing vir hulle daardie maklike woordjies moenie so maak nie.Kyk hoeveel werkloses is in ons dorpe , kyk hoeveel rommelstrooi vind plaas in ons dorpe, kyk hoeveel kinders van skoolgaande ouderdom is in ons strate. Hierdie dinge kan bekamp word , want Wette , Ordonansies en Verordeninge bestaan wat net toegepas moet word.

GEMEENSKAPS BEHOEFTES

Behuising , Gesondheid, Watervoorsiening , Straatbeligting , Werkloosheid , en  Instandhouding van Paaie is gegewe gemeenskaps behoeftes dwarsoor S.A .

Hieromtrent is ons onafhanklik van vennotskappe met onder andere die Distriks Munisipaliteit , provinsiale Regering , Nasionale Regering en selfs die Buiteland.

Ek sluit af deur my te verbind tot n Oop Geleentheid Samelewing  in samewerking met relevante rolspelers soos Onderwys Owerhede , Polisie Owerhede , Geestelike  Leiers en Sosiaal Maatskaplike Owerhede.